Tuesday, July 19, 2005

Taipei 101 - Taipei City


Taipei lyk soos Toyland vanuit die 101...

Taipei


Dis baie baie hoog...(bo in die 101), Taipei.

Taipei


Ek en Ilze besig om smoothies te drink. Na dit het ek GEVRIES vir iets soos 2 ure, al was dit oor die 30 grade celcius buite. Ek dink die feit dat ek deesdae net louwarm water drink, het iets daarmee te doen.


Die x hoogste gebou in die w�reld.


Ingang na die Chang Kai Shek Memorial Hall (ja, ek weet dis verkeerd gespel). Die ou het 'n hele museum gekry vir homself. Imagine dit!!


Uitsig vanuit ons hotelkamer in Taipei

Taichung


Ilze het ook behoorlik ge'taiwaniseer'(hence the peace sign!)
Oppad terug Huwei toe - Sogo in Taichung op die agtergrond.

Monday, July 18, 2005


Ferry vanaf Green Island terug 'main land' toe (wat eintlik maar net nog 'n eiland is...)


Ek het (te danke aan Anri) 'n nuwe 'gewoonte' aangeleer en skryf sedert 3 Januarie 2005 elke dag in my dagboek (toe my ma en sus hier was het ek egter bietjie opge'slip', maar 'n toonbank in die lughawe was van hulp...)

Sunday, July 17, 2005

Green Island


'n Blog van Emmie sal onvolledig wees sonder 'n 'self geneemde' foto...


Ilze het seker gedink die locals kan dalk kwaadaardig raak en het dus haar helmet opgehou just for in case...

Green Island


Die poegie was 'n MASJEN! Ons is hierdie heuwel suksesvol uit - aldrie op die poegie!


Ek s� NIKS...


Lekker ge�et in die local Heineken Pub!! En ja...genoeg lemoensap gehad ook!


En so is ons om EN oor die eiland!!!


Ek is baie trots op my foto van hierdie 'gogga'. Ek moes hom omtrent bekruip!! Lekker 50/50 footage!!


Vars uit die see, besig met sightseeing 'oor' die eiland. Om die eiland vat net 16 minute met 'n poegie. Ongelooflik.


Die diving instructor het besluit my ma moet saam met hom ry omdat drie mense op 'n poegie 'n shaky besigheid is. Yeah right, whatever!!!


KYK HOE MOOI IS GREEN ISLAND! Let wel - ek weet mens dra die helmet andersom, maar as jy dit so-om dra, dan kan die wind dit nie afwaai nie.


Die hele snorkel mission was soveel fun! Dis ek en Ilze op die poegie reg voor die kombi - oppad reefs toe. 'n Span van 10 snorkel op 'n keer. Jy ry met jou poegie, gaan haal jou gear, trek jou wetsuit aan en dan jaag jy agter die diving instructor aan jou na 'n reef toe.


Die omie links agter was die 'diving instructor' (mond tot mond was 'n scary vooruitsig en ek het myself voorgeneem om NIE te verdrink NIE).

Green Island


Oppad om te gaan snorkel!!!!


Double click op hierdie foto en BELEEF - ek is deesdae Ville Emmade!!!


Hierdie was nogals 'n storie vir jou gewees. Ek was onder die indruk daar is twee VERSKILLENDE stap paadjies op Green Island. Tour Leader besluit toe sy vat haar crew eers op die een en dan die ander. As it turns out, was die pad toe nie 'n loop nie maar een laaaaang pad wat op die ou einde by die ander een se beginpunt uitgekom het(na ons 10 miljoen trappies moes uit!!!) Maar wat 'n kief uitsig is hierdie nie! Ek moes dit eenvoudig op digitale stiffie vasl�!!


Ek en my hoogtevrees...lekker

Taitung


Oppad na Green Island - Tour Leader besig om te onderhandel by die ferry kaartjie booth...


Ek het my ma'le gevat na die Youth Activity Centre vir 'tradisionele' kos...yum yum!!


leka chill langs die rivier! (waarin ek later gewem het)


mooi mooi...altyd mooi...taroko gorge...


soaking up the sun...(ons het egter nie meer gesmile toe ons die aand ons rooi-gebrande 'maag-velle' ontdek nie!)


Nee, ons het nie 'n flits gehad vir hierdie ene nie. So elke nou en dan moes ons maar 'n foto neem om te kyk of ons in 'n muur gaan vasloop. Baie snaaks...


Tunnel of Nine Turns...


Die aand toe ek en Ilze die betekenis agter die frase - don't quit your day job - besef het. Dankie tog daar is nie klank by die foto nie. Maar ja...dit was heavy baie fun gewees. Die karaoke ding is nogals kief...


Daar was vermaak vir ALLE ouderdomsgroepe...


Ons het besluit om van AL die hotel se 'geriewe' gebruik te maak. Dis immers nie aldag wat 'n mens in 'n vyfster hotel in die middel van Taiwan bly nie!


Taroko Gorge, net buite ons hotel. O, dit was ons eerste stop, by the way...Taroko Gorge vir twee nagte. Dis aan die ooskus, naby Hualien.


My ma, besig om my BAIE trots te maak!

Grand Formosa Hotel (Taroko Gorge)


My broer het besluit T-shirts is net die ding vir hierdie mission! Ek gaan hom vra vir 'n groter design dat julle dit kan beleef. Lykmy ek is die tour leader vir een of ander rede..


Huwei Busstasie! My ma sal nou-nou begin gees vang!


Emmie in haar natuurlike habitat. Supermark 26 sekondes van my huis af. Kief vloer huh?


Ja, drie mense KAN op 'n poegie pas EN rondry. En ja, dit is trucker headgear wat ek op het, maar dis baie cool in taiwan OK!


Ek en Olivooooo. Sy het die aand saam met ons gaan uiteet (by the way - dis hoe Joy se 'uniform' lyk wat ons 2/3 keer 'n week moet dra. Ja, ek weet...we make it look cool!)


Ilze by Huwei se nagmark. Ja, jy kan visse daar koop EN jy kan hulle self vang. As jy 'n Alsation soek, kyk by die stalletjie langsaan. Ai, vreeslik wat hierdie mense aan diere doen.


Wat 'n MISSION om hierdie foto te neem sonder 'n flash. Mei Mei wou net die leeutjie die heeltyd soen op die neus (goeie dinge hulle het nie 'n hond by hulle huis nie). Is sy nie die oulikste dingetjie nie? (Mei Mei, nie die leeutjie nie :-)


Mei Mei (klein sussie in Chinees) - die hoof se baba - met haar present van Afrika af. Die OULIKSTE leeutjie soft toy effek ding. Sy lyk heel gelukkig daarmee!


Soos julle kan sien, is die afspoel tegniek ook glad nie te versmaai nie en my suster lyk nie asof sy enigsins suffer nie :-)


Wat is een van die beste features? Jy hoef nie op daardie torture stoele te sit vir die hare was nie - hulle doen dit sommer by die spie�l.


Ilze besig om gereed te maak vir vyfster behandeling by my haarsalon. Vir R150 kry jy 'n rug en kopmassering, haarwas, sny (as jy wil) en 'n droogblaas sessie. En vir die ouens daarbuite wat nie weet nie - DIS GOEDKOOP!!!!